April 3, 2024

Nuwe Produkbekendstelling: Lime Sales Gips 3:1 Mengsel

Nuwe Produkbekendstelling: Lime Sales Gips 3:1 Mengsel
Lime Sales

Weskus en Boesmanland 3:1 Gipsmengsel

Lime Sales het na proewe, navorsing en aanvraag ‘n nuwe produk ontwikkel, naamlik: Gips 3:1 Mengsel.

Die mengsel bestaan uit Weskus- en Boesmanlandgips. Die vermenging van die Weskusgips se swaarder materiaalinhoud en vogpersentasie met die poeierfyn en droë Boesmanlandgips het die optimale verhouding tot gevolg.

In kombinasie vorm die mengsel ’n optimale produk vir toepassing wat tot ongelooflike effektiewe verspreiding bydra. Daar is minimale produkverlies en optimale verspreidingstoepassing op grond.

Met die 3:1 verhouding vorm die gips ‘n swaarder produk wat eweredig versprei kan word en met die voginhoud in berekening het dit tot gevolg dat stof beduidend verminder.

’n In-diepte produkanalise is gedoen en die resultate is baie belowend vir kliënte wat op soek is na ’n produk wat nie net vir grond optimaal is nie, maar ook die produk effektief toepas.

Minimale proukverlies plus optimale opbrengsresultate = goeie waarde vir geld.

Die samestelling van die produk kan hier besigtig word.

Skakel gerus met Jurie Louw vir tegniese navrae of 'n kwotasie:
Lime Sales Website

Jurie Louw: Lime Sales Bestuurder: Besigheidsontwikkeling

E-pos: jurie@limesalessa.co.za

Selfoon (skakel of WhatsApp): 082 588 8777 (klik op die skakel om 'n WhatsApp-gesprek te begin)

back to blogs

WE'RE SOCIAL